Monday, November 11, 2013

Derek se Harties Haven Projek

Goeie more almal!
 
Info vir lede wat Sondag nie by die vergadering was nie.
 
En sommer ‘n herinner aan die wat daar was.
 
Na aanleiding van ‘n inisiatief deur Derek het ons, No Rules, ‘n projek wat nou deur Derek en Collen gedryf word, waar ons ‘n kind van Harties Haven “aanneem” om sy/haar Kersfees bietjie meer spesiaal te maak.
 
Let wel dat dit nie aanneem behels soos in die gewone sin van die word nie, dit beteken net dat jy vir ‘n spesifieke kind gaan help om ‘n wensie waar te maak.
 
Elke lid of paartjie, kan by Jeanty ‘n spesifieke kind se naam met sy/haar wensies vir ‘n geskenkie op kry. Die reel is dat dit nie R300 oorskry nie, en die kinders het hul behoeftes ook so uitgeskryf dat dit binne die R300 perk kan bly. Elke lysie bevat die kind se persoonlike wensie en nie iets wat deur ander uitgedink is namens die kind nie.
Byvoorbeeld: Die dogtertjie wat ek en Cupcake “aan geneem” het, soek ‘n lappop, pram of ‘n groot bal, duidelik geskenkies wat nie te duur is nie. Hul klere grootte en skoen grootte is ook aangebring. Die kleinste dingetjie beteken verskriklik baie vir die kinders.
 
‘n Dag sal dan geidentifiseer word waar ons almal dan Harties Haven gaan besoek en jy gaan jou geskenkie aan “jou” kind oorhandig.
 



Vervoer reelings sal getref word vir die groter geskenkies wat dalk nie op ‘n bike vervoer kan word nie. Ons kyk daarna om die dag te hou saam met een van die ander funkies wat volg aangesien die kalender alreeds so vol is. Byvoorbeeld as die HBC afsluiting die aand is kan ons dalk die geskenkie ding deur die dag doen.
 
Let wel dat hierdie, net soos die BybelBraai, ‘n No Rules inisiatief en event is!!
 
Daar is nog 19 kindertjies oor wat iemand moet kry om hul “aan te neem”. Ouderdomme wissel van baba tot +- 16 jaar. Hierdie is regtige behoeftige kinders wat meestal as gevolg van die aksies van volwassenes (seksuele misdrywe, aanrandings ens) nou in ‘n kinderhuis moet sit. En No Rules wil van ons kant af probeer om so klein bietjie vertroue in volwasse mense te herstel, en om ‘n kind te help om vorentoe in die lewe te gaan ten spite van sy/haar agtergrond.
 
Indien jy jou weg oopsien om te help, kontak vir Derek of Collen vir navrae. Die lys met name is by Jeanty beskikbaar.
 
Baie dankie!
 
“HEELTYD SPEELTYD”

No comments:

Post a Comment